R 1 500 000 - Small Holding For Sale in Vyfhoek

Web Ref:  1808299
Area Vyfhoek, Potchefstroom, North West
Agency Noordbrug Properties

Ellen du Plessis
082 652 9404
ellen@noordbrugproperties.co.za
WATERRYKE LANDBOUHOEWE IN VYFHOEK, POTCHEFSTROOM

Hierdie 14 ha Vyfhoek landbouhoewe is geleë naby die Modderpad en grens aan die Loop Spruit. Dit lê langs die verlenging van Wynnestraat in Baillie Park (ongeveer 3 km vanaf Mooirivier Mall). Die hoewe is reeds onderverdeel is in 5 kleiner landbouhoewes, naamlik: 1 x 8 ha en 4 x 1.5 ha. Die munisipaliteit beskik oor die kapasiteit om 5 elektriese aansluitings te voorsien teen nominale koste
.
Die bewerkbare terrein bestaan uit twee terrasse van ongeveer 5 ha elk met eenvormige helling wat vloedbesproeing vanuit die Mooirivier Staatswarerskema moontlik maak ( 7.1 ha is ingelys = 54 670 m³/jaar, waarmee 10 ha doeltreffend besproei kan word). Daar is reeds behoorlike paaie gebou (4m breed) wat al die strategiese punte verbind en tot op die oewer van die spruit strek.
Die bewerkbare oppervlakte en leiwater is voldoende vir ‘n 1000 volwasse pekaneutbome (of vir die kweek van jong bome), die kweek van lusern of groente, ens.

Daar is 1 boorgat (nie toegerus) op die 8 ha gedeelte en boorplekke is reeds deur ‘n geohidroloog aangewys op elk van die 1.5 ha gedeeltes .
Daar is ‘n sekuriteitskamp ( ongeveer 2000 m²) wat met sonkrag funksioneer op die 8 ha gedeelte.
Dit is werklik ‘n stukkie natuurskoon op die oewer van Loop Spruit (ongeveer 1 km spruitfront). Hierdie terrein is ideaal vir die skep ‘n koöperatiewe eenheid of familielandgoed.

Land Size 14 ha Rates R 375 Pet Friendly
Borehole