428ha Weidingsplaas in die Koster omgewing
428ha Weidingsplaas in die Koster omgewing. Hierdie is 'n binneplaas met 'n 7km servitiet grondpad tot op die plaas en is geskik vir bees- of skaapboerdery. Hy is 40 km vanaf Ventersdorp op die Swartruggens pad.
Geboue en geriewe:
- groot stoor vir voer met sementvloer (18 x 20)
- werkershuis
- beeshanteringsgeriewe met 'n laaibank
Water:
- 1 boorgat wat toegerus is met enjin (+-20 000 liter per uur)
- 2 plekke aangewys sou jy nog water benodig
Geen krag op die plaas nie.
BTW is ter sprake.
Slegs ernstige kopers.
Property Features
Key Features
Land Size428 ha
Exterior
Staff Quarters
Storeroom
Borehole