Ruim 1 slaapkamer grondvloer in Baillie Park, Potchefstroom
Daar is 2 grondvloer eenhede beskikbaar. Wat baie belangrik is dat beide eenhede wel Noordfront. Die relings in die stort, toilet en buitetrap laat dit ideaal wees vir bejaardes. Die teëlvloere sorg vir maklik skoonhou en die wasgoeddiens maak dit baie gerieflik.
Daar is 24/7 sekuriteit. Die toegang word baie streng beheer.
Die motorafdakke is naby die eenhede.
Hierdie wooneenhede is ook baie gewild onder jongwerkendes. Dit is ongeveer 4 km vanaf Mooirivier Mall, 3 km na die naaste Spar en 8 km na die NWU.
Daar is 'n voltydse opsigter wat baie knap enige probleme hanteer.
Daar is tans huurkontrakte op albei eenhede wat dit 'n goeie belegging maak. Die huurinkomste is R3500 pm
Property Features
Key Features
Bedrooms1
Bathrooms1
En Suite1
Carports1
Floor Size 47 m²
LeviesR 900